Koshuise
Die skool beskik oor 4 koshuise wat die leerders as volg huisves :
Kleuter / Jnr seuns
Kleuter / Jnr dogters
Senior Seuns
Senior dogters
Elke koshuis het 'n huismoeder wat haar kinders versorg op 'n daagliksse basis. Leerders eet saam in 'n gemeenskaplike eetsaal, en dit is ook goed vir die sosiale ontwikkeling van die leerders. Die koshuis het dan ook elkeen 'n voog wat verantwoordelik is vir die dissipline en algehele welstand van die leerders.
|
Koshuis |
Voog |
Huismoeder |
|
Kleuter / Jnr seuns |
Mnr Coenie Visser |
Me Marieta Beetge |
|
Kleuter / Jnr dogters |
Me Gerda Coetzee |
Me Frieda Potgieter |
|
Senior dogters |
Me Adele Kemp |
Me Marie Booysen |
|
Senior Seuns |
Mnr Frans van Zyl |
Me Zeldie Botha |
As kleuters, sommige alreeds vanaf 3 jaar, kom die leerder in die koshuis bly. Die huisvesting is ook baie maal voordelig vir die taalgebrekkige wat dan taal aanleer in 'n informele, huislike omgewing.
Die leerders eet in 'n gemeenskaplike eetsaal, waar keurige en goed beplande etes, onder leiding van die Koshuisbestuurder, Me Marie Wessels, voorberei word.
Tariewe
Die fooie per jaar is R11 000-00 per leerder en sluit in gerieflike slaapplek, ontbyt, middag- en aandetes.
Elke kosganger moet aan die begin van elke kwartaal die fooie vir die kwartaal vooruit betaal om in die koshuis toegelaat te word. Die bedrag is R2 750 per kwartaal. Ouers moet hul kinders die begin van elke kwartaal self kom inskryf.
Inwoning is slegs van Maandag tot Vrydag en koshuise is dus oor naweke gesluit. Dit beteken dat alle kinders naweke huistoe gaan na hul ouers, familie of vriende.
In geval van skoolaktiwiteite soos sport of kultuur kan leerders inbly teen R50 per dag.
Middagsorg
In gevalle waar ouers nie hul kinders na skool kan kry nie, is daar ‘n opsie van MIDDAGSORG. Ouers
kan deur die Algemene kantoor (012 800 1161) aansoek doen vir middagsorg. Die koste is R450 ‘n maand en sluit ‘n middagete in.
Na ete is daar verpligte studie en daarna vergesel hulle die kosgangers na die speelterrein of swembad.
Kinders moet voor 17:30 afgehaal word.