Die onderrig taal by Sonitus is hoofsaaklik Afrikaans. ‘n Gehoorgestremde kind kan negatief beinvloed word en sukkel met die ontwikkeling van ‘n taal indien hy / sy in tweetalige klasse onderrig word.
Taalgroepe Elke kind word met die intellektuele potensiaal gebore, wat toelaat dat die kind kennis bekom en die kennis kan gebruik en toepas in spesifieke omstandighede of situasies, asook om probleme op te los. By Soniyus hwet on ‘n stimulerende leerprogram ontwikkel vir die doel. Die omgewing waarin die kind hom- / haarself bevind, is nie net stimulerend vir die kind nie, maar die leerder word voortdurend uitgedaag om hul hoogsted potensiaal te bereik, volgens hul vermoeëns.
Doel :
Om ‘n voorskool leerder te ontwikkel in ‘n informele, vriendelike omgewing, om sy of haar volle potensiaal te bereik.
Om aan die leerder die geleentheid te bied om hom / haarself te genoet en tuis te vole in die omgewing.
Ons opvoedkundige program :
Ons volg ‘n tema georienteerde kurrikulum, gebaseer op die Nasionale Kurrikulum, om leerders se spesifieke leerbehoeftes aan te spreek, bv die gehoorgestremde leerder. Temas leer nuwe woordeskat aan, wiskundige konsepte and lewensvaardighede wat die kind aangeleer word.
Elke onderwyseres het die kennis van die funksionerende vlakke van die leerder, sodat die sterk- en swakpunte aangespreek kan word. Assessering vind deurentyd plaas.
Grondslagfase
Grade 0, 1, 2, en 3
RO-klasse 1 en 2
Die NKV word aangepas vir die gehoor- en leergestremde leerders. Klassieke en individuele onderrig word aangebied.
ØIntensiewe taalontwikkeling word aangebied, op ‘n natuurlike wyse.
ØSosiale, medies en ondersteuningsdienste word gelewer.
Ø Arbeidsterapie in groepsverband.
ØGehoorapparaat versorging en oudiologiese dienste.
ØToegewyde, hardwerkende, kreatiewe en ervare personeel en klasassistente.
ØGoeie Nuus-klub op ‘n weeklikse basis.
ØSpesiale aandag op ‘n weeklikse basis word geskenk aan : dans, drama, musiek, sang, kuns en groot motorise bewegings.
Intersen fase
Ons volg die NKV vir Gr 4-9.
Die leerareas aangebied is : Tale [Afrikaans en Engels]
Wiskunde
Natuurweterskappe
Sosiale Wetenskappe
Kuns & Kultuur
Lewensoriëntering
Ekonomiese & Bestuurswetenskappe
Tegnologie
Verdere onderwys en opleiding
Graad 10 - 12
Sonitus bied vanaf 2006 dieselfde vakke aan as by enige hoofstroomskool. Die verskil is net daarin geleë dat ons vakkeuses beperk moes word omdat die leerlingtal en die aantal personeel bepaal wat aangebied kan word.
Sonitus het gaan kyk na die vakke waarin ons leerders in die verlede goed gevaar het, kursusse oor die nuwe kurrikulums gaan bywoon en toe op die volgende vakkeuses besluit.
Indien daar genoegsame leerders vir die volgende vakke is, kan dit ook aangebied word:
Ingenieursgrafika
Gasvryheidstudies
Toegewings
Gehoorgestremde (dowe) leerders het die volgende departementele toegewings:
Engels (eerste addisionele taal) kan vervang word met ‘n ander vak
Leerders met diskalkulie kan ‘n ander vak in die plek van Wiskundige Geletterheid neem.
Daar kan ook aansoek gedoen word vir verskeie konsessies wat die leerder dan help tydens eksamensessies.
Ouers het egter aangedui dat hul kinders tog Engels moet kan praat en Wiskunde tog noodsaaklik is, al is dit net om die kind te help ontwikkel. Hierdie vakke word derhalwe aangebied.
Beroepsgerigte onderwys
Onderriglyn en doelwit: praktiese oriëntering, identifiseringsfase en spesialiseringsfase.
1. Onderriglyn en doelwit
Voorbereidendefase - wye blootstelling
Juniorfase
Seniorfase (insluitend indiensopleiding by potensiële werkgewers)