Search:
  JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Naam & Van
     
  E-pos
     
  Sel nr
     
Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie
  1 plus 3 + 4 = ?
 
Bookmark and Share
Sport

1e Kwartaal 

Atletiek

Atletiek kry voorkeur gedurende die eerste kwartaal. Gedurende die eerste twee weke van die eerste kwartaal vind die atletiek oefening plaas gedurende skooltyd omdat die leerders almal aan een of meer items deelneem. Die atletiek oefening vind plaas vanf 14:00 – 15:30 op Dinsdae en Donderdae.

Na die atletiekseisoen kom kleiner sport aktiwiteite by en van die senior seuns begin in die namiddae rugby oefen. Swem vir laerskoolleerders word ook aangebied.

Die skool presteer baie goed in atletiek en is altyd tussen die top skole. Vir 4 jaar wen ons ook die Geesbeker.

Die hoogtepunt van atletiek is die jaarlikse SA byeenkoms, wat die jaar in die Perel plaasgevind het, net voor die April vakansie. Ons medalje wenners is ons trots.

 

Krieket

Daar is die jaar ook 'n senior krieketspan gekies, wat deelgeneem het aan die Dowe krieketliga. Die seuns het die wedstryde baie geniet.

 

2e Kwartaal 

Rugby
Sonitus bied sedert 1988 ‘n jaarlikse rugbydag aan waar LSOB-skole kragte meet teen hoofstroomskole se 2e of 3e spanne. Die dag is elke jaar ‘n reuse sukses met hoofborge wat ‘n groot bydrae daartoe maak. Vir 2011 was die borge:

Alana Trading

Life Advantage Recovery


Ons rugbyspelers is werklik entoesiasties en vaar uitstekend in die liga vir Buitengewone skole. In 2010 het ons EERSTE SPAN in die finaal gespeel, maar moes met ‘n tweede plek tevrede wees. Ons 0/13 en 0/15-spanne is onderskeidelik in 2011 die LSOB-ligawenners. Ons is baie trots op die seuns en hul afrigters.

Gauteng Noord Rugbyspelers:

2010

Arno Taylor, wat ook as die span se kaptein aangewys is.

Christiaan J van Rensburg

 2011

Christiaan J van Rensburg

Phillip Botha

Andrew Corneelsen

 

Netbal


Oefeninge is op Dinsdag- en Donderdaemiddae na skool. Meeste van die netbalwedstryde vir

buitengewone skole vind op Donderdae plaas3e Kwartaal 

Sagtebal

Die 3e kwartaal speel die grootste aantal leerders Sagtebal. Dit is ‘n sportsoort wat groot byval geniet by ons leerders en dit het ook groot terapeutiese waarde omdat dit die oog-hand koördinasie van die kinders baie verbeter. Die verdere voordeel van sagtebal is die feit dat ons teen leerders van hoofstroomskole deelneem en hulle dus kans kry om met sulke kinders te sosialiseer en te kompeteer.

 

Die spanne onderneem jaarliks ook 'n oefenkamp in Margate tydens die Julie vakansie.

 

Krieket : 0/13 seuns

In 2011 speel die seuns ook in die kwartaal krieket. Die spannetjie onderneem ook 'n toer na die Goldi-week in Standerton.

 





Arno Taylor



BO Atletiek : Xenia Bellis neem deel aan spiesgooi

       
       

Kwikwap Webwerf Konsultant: Dewald


Besoekers tot datum: 14759 Webwerf ontwikkel deur Kwikwap