|
|
Kultuur |
|
|
|
Die kultuuraktiwiteite by Sonitusskool het die doel om ons leerders wat gehoorgestremd is en taalagterstande het, die geleentheid te gee om op die verhoog hulle slag te wys.
| |
Die kultuuraktiwiteite by Sonitusskool het ten doel om ons leerders wat gehoorgestremd is en taalagterstande het, die geleentheid te gee om op die verhoog hulle slag te wys. Ten spyte van hul gestremdhede, presteer hulle uitsonderlik goed en verkry hulle soveel erkenning, wat hulle selfvertroue sommer baie verbeter.
Ons neem deel aan die ATKV-kunswedstryd kompetisies in die volgende kategorië:
|
|
Spreekkore |
|
|
|
|
Poësie |
|
|
|
|
Koorsang |
|
|
|
|
Solosang |
|
|
|
|
Ons skool se leerders kan ook deelneem aan: |
|
|
|
|
|
|
Redenaarskuns |
|
|
Debat |
|
|
Revues |
|
|
Vasvrakompetisies |
|
|
Kunswedstryde |
Ons hou daarvan om op te tree by verskeie geleenthede want dit gee aan ons leerders die nodige blootstelling en dra sodoende die skool se naam uit.
Ons glo ook die aktiwiteite dra by dat ons leerders hul volle potensiaal ontwikkel om volwaardig hul plek vol te staan in ‘n horende wêreld!
Goue medaljes en diploma A++ wenners
2010
Gr 5-Eksperimentele werk
Karen Kroukamp
Leerders neem ook gereeld deel aan verskeie kunskompetisies.
Chanika Viljoen en Christi Greeff was in 2010 finaliste in so 'n kmompetisie.
Sonitus voer ook weer 'n Revue op in 2011.
Ons hou ook al vanaf 2009, ons jaarlikse Mnr en Me Sonitus. Die kompetisie is 'n spoggeleentheid waaraan ons leerders kan deelneem. Die jaar se kompetisie vind plaas op 19 Augustus en beloof om weereens 'n spogaand te wees.