KOSHUISE EN MIDDAGSORG
VASGESTELDE FOOIE 2024
Koshuisfooie:
- R33 300-00 p.j., R3 330-00 p.m. x 10 mnde VOORUITBETAALBAAR [5% verhoging]
Kwytskeldings is SLEGS vir SKOOLFOOIE, NIE busgelde, koshuisfooie of middagsorg nie.
Onthou : U kan u kind se skoolfooie, busfooie en koshuisfooie terugeis van SAID [SARS], op die toepaslike vorm, INDIEN U DIE FOOIE BETAAL HET [www.sars.gov.za – FORMS – ITR-DD].
Middagsorg:
- R1 230-00 p.m.p.l. met middagetes; R415-00 p.m.p.l. sonder middagetes, VOORUITBETAALBAAR
Aansoekvorm moet by die Algemene kantoor ingehandig word.
Na 17:00 word die leerders by die eetsaal gekry.
Hoewel daar middae studietyd is, bly dit die ouers se verantwoordelikheid om saans die leerder se huiswerkgids na te gaan vir boodskappe/benodighede/opdragte. Geen verantwoordelikheid word geneem vir leerders wat na skoolure op die terrein is, maar nie by middagsorg ingeskakel is of besig is met sportaktiwiteite nie.
`n Skriftelike kennisgewing moet aan die skool gestuur word indien u kind nie meer gaan gebruik maak van die middagsorg nie.
Navrae : FINHOOF [012 800 1161 x 213]
Rekening
Rekeninge wat alreeds agterstallig is, sal oorhandig word aan CEEBEE skuldinvorderaars. Daar is verskeie kere kennis gegee dat rekeninge oorhandig word. Indien u ‘n reeling vir die afbetaling wil maak, kontak die FINHOOF.