KOSHUISE EN MIDDAGSORG

VASGESTELDE FOOIE 2026

Koshuisfooie:

  • R38 461-00 p.j., R3 846-10 p.m. x 10 mnde vooruitbetaalbaar [10% verhoging]

Kwytskeldings is SLEGS vir SKOOLFOOIE, NIE busgelde, koshuisfooie of middagsorg nie. Sluitingsdatum 28 Feb. 2026. Ouers MOET jaarliks aansoek doen en al die nodige dokumente indien.

Onthou : U kan u kind se skoolfooie, busfooie en koshuisfooie terugeis van SAID [SARS], op die toepaslike vorm, INDIEN U DIE FOOIE BETAAL HET [www.sars.gov.za – FORMSITR-DD].

Middagsorg:

  • R1 356-00 p.m.p.l. met middagetes; R457-00 p.m.p.l. sonder middagetes, VOORUITBETAALBAAR

Aansoekvorm  moet by die Algemene kantoor ingehandig word.

Na 17:00 word die leerders by die eetsaal gekry.

Hoewel daar middae studietyd is, bly dit die ouers se verantwoordelikheid om saans die leerder se huiswerkgids na te gaan vir boodskappe/benodighede/opdragte. Geen verantwoordelikheid word geneem vir leerders wat na skoolure op die terrein is, maar nie by middagsorg ingeskakel is of besig is met sportaktiwiteite nie.

`n Skriftelike kennisgewing moet aan die skool gestuur  word  indien u kind nie meer gaan  gebruik maak van die middagsorg nie.

Navrae : FINHOOF [012 800 1161 x 213]

Rekening

Rekeninge wat alreeds agterstallig is, sal oorhandig word aan CEEBEE skuldinvorderaars. Daar is per geleentheid kennis gegee dat rekeninge oorhandig word.