ONDERSTEUNINGSDIENS
Onbeperkte geleenthede
Om gesproke taal (nie gebaretaal nie) aan te leer, is dit belangrik dat ‘n hardhorende vroeg geïdentifiseer word en die nodige verstaking ontvang en getrou dra. Gehoorgestremdes vanaf die ouderdom van drie jaar kan in ons voorskoolse program geplaas word, wat uiters suksesvol kan wees. In die skool, word die ouditief- orale benadering gebruik om taal aanleer te bevorder.
Om die kind dus tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel, bied ons die volgende dienste:
Ouerleiding, Oudiologie, Arbeidsterapie, Spraakterapie, Remediëre terapie, Maatskaplike dienste, Gesondheidsdienste, Koshuisfasiliteite, Vervoer, Middagsorg, Inligtingsfasiliteite, Kultuuraktiwiteite, en Sport
Gehoorverlies
Klassifikasie van gehoorverlies en die effek op kommunikasievaardighede ontwikkeling
Gehoorverliese verskil van mens tot mens en daarom ook die invloed op spraak- en taalontwikkeling. Dis logies dat hoe groter gehoorverlies daar is, hoe groter sal daar ‘n negatiewe impak wees op spraak en taal. Gehoorverlies beïnvloed individue ook anders. Die erns van ‘n gehoorverlies gaan bepaal word deur sekere aspekte:
*Tipe en graad van verlies *Die db-vlakke en frekwensies aangetas.
*Ouderdom wanneer verlies begin het *Ouderdom toe verlies vasgestel is
*Vorige intervensie *Mediese intervensie
*Persoon se intelligensievlak *Persoon se motivering
*Persoon se algehele gesondheid *Sorg en stimulasie ontvang
*Tipe versteking *Oorsaak van verlies
*Huistaal vs skooltaal
*Kommunikasie: spraak, gebare, totale kommunikasie (soos deur ouers verkies)
Types of hearing loss
Hearing loss is normally divided into two categories: conductive hearing loss and sensorineural hearing loss, depending on where in the ear the hearing loss originates. A child can also have a mixed hearing loss which is a combination of the two. Knowing the type of hearing loss is necessary in order to provide proper treatment.
Conductive hearing loss
Conductive hearing loss is a result of sounds being reduces on their way from the outer ear to the inner ear. This results in a loss of loudness. This can be permanent or temporary and can be treated with prescription drugs or surgery. Therefore, people with conductive hearing loss can often benefit from a hearing aid. Some causes of conductive hearing loss include:
*Middle ear infection (otitis media) or an infection in the ear canal (otitis extema).
*A hole in the ear drum (Perforated ear drum).
*Otosclerosis, cholesteatoma, collapsed ear canal or impacted ear wax.
Sensorineural hearing loss
Sensorineural hearing loss leads not only to a loss of loudness but clarity as well. Sensorineural hearing loss is caused by damage to the hair cells of the inner ear (cochlea) and/or nerve fibers conducting nerve impulses from the inner ear to the brain. This type of hearing loss can rarely be reversed by medical or surgical procedures. Sensorineural hearing loss can often be helped with hearing aids or cochlear implants.
SPRAAK-EN TAALTERAPIE:
Wie ontvang spraak -en taalterapie?
Kleuters en voorskoolse leerders (ouderdom 3 – 7 jaar) en grondslagfase leerders (Gr 1 en 2).
Kleuters en voorskoolse leerders met gehoorverlies en/of leerprobleme word gesien vir terapie wat een/meer van die volgende aspekte kan aanspreek:
- Artikulasie en fonologiese prosesse;
- Luistervaardighede;
- Ouditiewe prossessering;
- Reseptiewe – en ekspressiewe taalvaardighede;
- Stemkwaliteit en vlotheid;
- Pragmatiek.
Grondslagfase leerders met gehoorverlies en/of leerprobleme word gesien vir terapie wat een/meer van die volgende aspekte kan aanspreek:
- Ouditiewe prossesseringsvaardighede;
- Luistervaardighede;
- Reseptiewe – en ekspressiewe taalvaardighede;
- Leesvaardighede (Leesbegrip en leesakkuraatheid aanbetref);
- Spellingvaardighede.
Vir die gehoorgestremde leerders word die ouditief orale benadering gevolg tesame met “cued articulation”.
Remediërende afdeling
Sonitusskool beskik oor ‘n gevestigde Remedierende afdeling, waar voornemende en bestaande leerders volledig geevalueer word. Alle voornemende leerders by Sonitus word geevalueer om hulle lees, spelling en wiskundige vermoens te bepaal. Evaluering word ook gedoen volgens departementele voorskrifte om sodoende die toepaslike kosessies vir elke leerder te bekom. Evaluasieresultate word in ag geneem tydens die beplanning van behandelingsprogramme.
Wie ontvang R.O- terapie?
Leerders vanaf graad een tot vier ontvang twee sessies groepsterapie per week.Al die Vaadigheidsafdeling se leerders ontvang ondersteunende lees- en spellingterapie.Leerders vanaf graad 10-12 ontvang slegs studiehulp op aanvraag.
Al die kinders in ‘n betrokke klas ontvang saam terapie as gevolg van tydsbeperkinge. Leerders mag ook indien moontlik naskools by die buitekliniek terapie ontvang in Afrikaans en Wiskunde en in die taallaboratorium op die Cami-program.
1. Wat word tydens terapie gedoen
*‘n Behandelingsplan word vir elke leerder opgestel
*Terapie word gebasseer op die leerder se uitvalle
*Spellinghabilitering geskied op grond van die spellinguitvalle aangetoon op die spellinganalisevorm
*Leesterapie word gebasseer op die leesevaluasie-uitvalle
*Wiskundeterapie word gebasseer op die wiskunde-uitvalle
*‘n Jaarprogram word vir elke klasgroep voorgestel om uitvalle op te hef
*Tuisprogramme word slegs op aanvraag van ouers aan leerders verskaf
*Slegs wanneer die ouers wel die tuisprogramme uitvoer sal programme herhaaldelik verskaf word
2. Skakeling met onderwyspersoneel
*Daar word deurlopend met die betrokke taalonderwysers gekommunikeer aangaande die vordering of hindernisse van elke leerder wat groepsterapie ontvang
*Onderwysers se insette word genoteer en aanbevelings en navrae van onderwysers word spoedig gehanteer
*Leiding word aan onderwysers op aanvraag gegee aangaande die implikasies en hantering van elke leerder se hindernisse/uitvalle
3. Ouerleiding
*Na die eerste evaluasie en terugvoer moet ouers wat om leiding vra, inligtingstukke of leiding ontvang tydens ouerleidingsessies of inligtingsaande
*Ouers moet na-ure gespreek word en nie tydens onderrigtyd nie
4. Inligtingsaande
*Die verloop van inligtingsaande word elke keer in omsendbriewe aan die ouers verduidelik
5. Deurlopende terapie verslaggewing
*Elke leerder se terapieplan word in klas/groepsverband aangeteken. Terapieplanne is weekliks/maandeliks/jaarliks
*Leerder se uitkomste word deurgaans genoteer op die daaglikse groepsterapie vorms
*Individuele terapieverslae word in Junie en November geskryf, hierdie verslae word aan die onderwysers, 450’s en ouers vir insae verskaf. Hierdie verslae word ook in die terapielêer geliaseer by die klasgroep se terapie inligting
*Wanneer die leerder se terapie gestaak word, word alle leerderverslae in die leerderlêer gestoor vir daardie jaar bv 2014
*Hierdie jaarlikse lêers word na twee jaar in die argief gestoo
6. Rapport
*Leerders ontvang ‘n vasgestelde rapport in Junie en November
7. Herevaluasies
*Herevaluasies word een keer per jaar gedoen met leerders wat steeds terapie ontvang
Die volgende aspekte word ge-evalueer:
1. Algemeen: opdraguitvoering, werkspoed, aandag en konsentrasie
2. Lees: leesouderdom, leesspoed, leesbegrip en leesakkuraatheid
3. Spelling: spelling-ouderdom en diagnostiese spelfoute
4. Wiskunde: vermoë om verskillende bewerkings uit te voer
Die volgende aspekte word tydens terapie aangespreek:
1. Spelling: klankleer, spelreëls en ouditiewe prosessering van klanke
2. Lees: sigwoordeskat, leestegnieke/-vaardighede bv. soeklees, begripsontwikkeling, woordeskat uitbreiding
3. Wiskunde: ontwikkeling van wiskundige konsepte, bewerkings, tafels en klashulp
4.Taaluitbreiding en artikulasie: spraakopleiding, artikulasie van klanke, taalbegrip en-ekspressie veral sinsbou- oordrag na geskrewe taal
5. Studiemetodes: O-VLOK-H metode, mindmaps
6.Klashulp: ondersteun onderwysers met studiehulp aan leerders in leervakke, afrikaans en wiskunde soos deur onderwysers aangevra
Arbeidsterapie
Voorskoolse fase:
Arbeidsterapie by die voorskoolse fase fokus op grof- motoriese, fyn- motoriese, sensoriese integrasie, perseptuele en mylpaal ontwikkeling en stimulasie.
Die kleuters word volledig geevalueer deur die Arbeidsterapeut en dan word ‘n behandelingsprogram uitgewerk volgens elke kleuter se agtergrond en behoeftes wat geidentifiseer is in die evaluasie.
Terapie word op ‘n weeklikse basis in hetsy groee of individuele sessies aangebied in die Arbeidsterapie area.
Vaardigheidsfase:
Arbeidsterapie in die vaardigheidsfase se hoofdoelwitte is as volg:
* Volledige werks- en perseptuele evaluasie word gedoen om leerders se vlak van skepende deelname te bepaal.
* Die Arbeidsterapeut maak aanbevelings vir leerders in die beroepsfase se werksprofiel (m.a.w wat is die leerder se sterk en swak vaardighede t.o.v werk).
* Voorberoepsopleiding en werkservaring blootstelling dmv indiensopleiding en die Arbeidsterapieprogram.
Waaruit bestaan die AT program?
* Groepe in klasverband waarin algemene werksvaardighede asook sosio- emosionele groepe wat vaardighede soos streshantering, geldhantering, ens. insluit.
* Individuele evaluasies ten einde aanbevelings te maak vir ‘n leerder se werkgeskikheid.
* Plasing waar leerders blootgestel word aan algemene en spesifieke werksvaardighede wat deur AT geevalueer en ogevolg word.
Leerders in die grondslagfase skakel een keer per week in groepsverband by die Arbeidsterapie- afdeling in om hul motoriese en perseptuele vaardighede te verbeter.
Kinders moet ‘n begrip hê van hoe hul liggame kan beweeg en wat hul fisiese vermoëns is. Gedurende hierdie sessies leer die kind hoe hy hierdie bewegings kan kontroleer en uitvoer.
Aktiwiteite wat gebruik word, is byvoorbeeld:
– Balspele vir oog- handkoördinasie
– Balansaktiwiteite soos eenbeen spring
– Groot liggaamsbewegings, bv. touspring
– Fyn motoriese take, bv. krale inryg
– Basiese konsepte, bv. leer van vorms, kleure, syfers, ens.
– Persepsie aktiwiteite, bv. posisie-in-die-ruimte, visuele sluiting, ens.