SKOOLFOOIE 2025
VASGESTELDE FOOIE 2025
Skoolfooie 2025:
- R14 332-50/leerder; 10% afslag indien VOLLE BEDRAG voor einde Februarie betaal word. [5% verhoging]
- Indien u ‘n 2e en 3e kind in SONITUS het, kry u ‘n 25% afslag daarop.
Kwytskeldings is SLEGS vir SKOOLFOOIE, NIE busgelde, koshuisfooie of middagsorg nie – aansoeke beskikbaar 13 Jan 2025.
Onthou : U kan u kind se skoolfooie, busfooie en koshuisfooie terugeis van SAID [SARS], op die toepaslike vorm, INDIEN U DIE FOOIE BETAAL HET [www.sars.gov.za – FORMS – ITR-DD].
ALLE busroetes:
SONITUS busroetes [6] – fooi wissel van R25-00 tot R66-00 per dag.
Navrae : FINHOOF [012 800 1161 x 213]
Rekening
Rekeninge wat agterstallig is, sal oorhandig word aan CEEBEE. Daar is op per geleentheid kennis gegee dat rekeninge oorhandig word. Indien u ‘n reeling vir die afbetaling wil maak, kontak die FINHOOF.