SKOOL GESKIEDENIS

10 April 1973

Sonitusskool, die eerste skool vir hardhorende leerlinge, open sy deure amptelik op 10 April, 1973. Hierdie historiese gebeurtenis is voorafgegaan met maande se beplanning en harde werk, maar uiteindelik is hierdie droom bewaarheid.

Verskeie name,ondermeer Tjienkerientje, Bergsig en Tuinrand is as name vir die nuwe skool, onder beheer van die Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys, voorgestel. Daar is egter op die naam Sonitus besluit. Sonitus word ontleen aan die Latynse word wat klank of geraas beteken. Die skool streef dan ook om betekenisvolle klank na die hardhorende  te bring.

Lees Meer