KULTUUR

Die kultuuraktiwiteite by Sonitusskool het die doel om ons leerders wat gehoorgestremd is en taal- agterstande het, die geleentheid te gee om op die verhoog hulle slag te wys.

Sonitus neem elke jaar met groot trots en sukses deel aan die Pretoria se Kunswedstryde. Hulle neem veral deel aan poësie, prosa, gedramatiseerde voordrag, sreekkore en toneel en dit ten spyte van gehoor- en ander gestremdhede. Vir die afgelope 3 jaar neem ons leerders ook met groot sukses deel aan die ATKV se toneelkompetisie.

Elke 2 tot 3 jaar hou die skool ‘n groot Revue waarin ons massa kleuter deelname beoog. Soveel kinders as moontlik word betrek van die kleinste Graad R tot die grootste matriek (of Graad 12 leerder). Die hele skool word betrek.

Ons kry met geleentheid kans om elders op te tree soos bv. by Meerhof se “Kyk hoe rol die klanke” waar verskeie spesiale skole die geleentheid kry om te wys wat hulle kan doen.

Een van ons leerders, Karen Kroukamp, neem ten spyte van haar gehoorverlies, vanjaar vir die 10de jaar deel aan die kunswedstryd en het al 14 diplomas en medaljes verower en ontvang spesiale vermelding.

Dan het ons ook jaarliks ons Mnr. en Mej. Sonitus kompetisie waarin die hele skool se leerders verskillende kategorieë kan deelneem van die kleuters tot die Graad 12’s.

Ons glo ook die aktiwiteite dra by tot die leerders se blootstelling en die geleentheid wat hulle kry om hul volle potensiaal te ontwikkel en om volwaardig hul plek vol te staan in die horende wêreld.